Maak plekwaarde-oefening lekker en interaktief met hierdie Plekwaarde Skryf-en-Vee Matte!
Hierdie is ’n aflaaibare PDF-stel met 3 drukbare matte:
-
Tienes en Enes
-
Honderde, Tienes en Enes
-
Duisende, Honderde, Tienes en Enes
Druk die bladsye uit, lamineer dit, en gebruik dit met ’n witbord-khoki. Skryf, vee uit en gebruik dit weer en weer!
Perfek vir klaskamers, tuisonderrig of ekstra ondersteuning by die huis. Ideaal vir die ontwikkeling van getalbegrip en plekwaarde-vaardighede.






