My Groot Klankboek is ‘n omvattende 167-bladsy Afrikaans klankboek vir Graad 1- en Graad 2-leerders. Die boek bevat 71 noodsaaklike klanke, insluitend kort vokale, lang vokale, diftonge, beginsamevoegings en eindsamevoegings.
Elke bladsy is ontwerp om leer maklik en prettig te maak. Leerders lees die woord en kleur die korrekte prentjie in, wat help om klankherkenning, leesvaardigheid en spelling te versterk.
Hierdie werkboek is ideaal vir:
• tuisonderrig
• ekstra oefening na skool
• hersiening deur die jaar
• sukkelende lesers
• sterker leerders wat meer uitdaging benodig
Met 167 bladsye vol leerpret bied My Groot Klankboek ‘n sterk grondslag vir suksesvolle lees en spelling in Afrikaans.









