Alles wat jy nodig het om jou kind spelenderwys te leer, is in hierdie boek
Dis perfek vir enige mamma, juffrou of ouma wat vir ’n kind van 3 tot 6 jaar iets soek wat leer en speel saambring
Hierdie alles in een boek het al die belangrike leerareas soos kleure, vorms, alfabet, getalle, dae van die week en maande van die jaar
Elke bladsy is ontwerp sodat kinders kan leer, inkleur en aktief deelneem en die beste deel is, dis herhaal genoeg keer dat hulle dit regtig inneem
Daar’s baie inkleurprente om hulle besig te hou, en trekpaadjies om met kryte of potlode te volg, dit help met fynmotoriese ontwikkeling en potloodgreep
Die letters, vorms en getalle is groot en maklik sigbaar, perfek vir beginners
Met 214 bladsye kry jy ’n vol pakket wat jy self kan druk en weer en weer gebruik in die klas of by die huis.
Dis ’n PDF, so jy kan dit gebruik soos dit jou pas



















