Hierdie voorskoolse aktiwiteiteboek is propvol leer- en speelpret vir jou kleinding tussen 2 en 6 jaar oud. Met 246 bladsye waarvan 230 bladsye aktiwiteite is, bied die boek ure se opvoedkundige vermaak. Elke bladsy is ontwerp om kleuters se fynmotoriese vaardighede, vroeë taalontwikkeling, wiskundige denke en probleemoplossing te ondersteun.
Die meeste van die aktiwiteite kan gelamineer word en saam met witbordmerkers en velcro gebruik word, wat dit herbruikbaar en prakties maak. Dit beteken jou kind kan dieselfde bladsy keer op keer oefen, want herhaling is ’n kern deel van leer. Omdat die boek in kleur gedruk is, lok dit jong kinders se aandag en hou dit hulle gemotiveerd.
Hierdie boek is ideaal vir voorskoolse onderwysers, ouers en versorgers wat jong kinders se leerreis op ’n prettige en interaktiewe manier wil ondersteun.









