Hierdie lopendeskrif boek is ontwerp om Graad 2 en 3-leerders bekend te stel aan lettervorms deur visuele en fynmotoriese aktiwiteite
Elke bladsy fokus op een letter van die alfabet (A–Z) en bevat:
’n Groot prentjie wat met die letter begin (bv. Appel vir A)
Een groot oortrekbare hoof- en kleinletter in lopendeskrif net onder die prent
Hierdie boek help kinders om vertroud te raak met die vorm van letters deur ligte oortrekking en inkleur
Geen druk of lang oefeninge nie – net ’n rustige manier om aan lopendeskrif gewoond te raak
Ideaal vir leerders wat nuut is met lopendeskrif







