Hierdie Seediere werkboek pakket is perfek vir kinders van 4–6 jaar en bied ure se leer- en speelpret! Met 147 bladsye vol aktiwiteite én meer as 200 gratis seediere inkleurprente, kry jou kind ’n volledige stel leerhulpbronne wat kreatiwiteit en vroeë ontwikkeling ondersteun. 🐠🐢🦑
Die pakket sluit die volgende in:
-
Ek is Slim Boek 1 (32 bladsye) – fokus op kleur volgens getal, potloodbeheer, pas bymekaar, skaduwees, tel, dieselfde en anders, groot en klein, patrone, knip, plak en nog meer.
-
Ek is Slim Boek 2 (30 bladsye) – sluit dieselfde vaardighede en aktiwiteitstipes in as Boek 1, maar met nuwe oefeninge vir ekstra herhaling.
-
Ek Leer Kleure (20 bladsye)
-
Ek Leer Vorms (10 bladsye)
-
Ek Leer Getalle (20 bladsye)
-
Ek Leer Alfabet (26 bladsye)
-
9 Kleimatte
Daarbenewens ontvang jy 200 gratis inkleurprente met seediere, ideaal vir kreatiewe ontspanning of ekstra aktiwiteite by die huis en in die klas.
Hierdie bundel is ideaal vir voorskoolse kinders en Graad R-leerders. Dit bied ’n balans tussen kleur, knip, plak, tel, patrone en kreatiewe spel , alles in een volledige pakket.









